Abstract:
Dit word reeds eeue lank aanvaar dat die seisoene 'n invloed op die mens se gemoed het, maar navorsing is eers die afgelope dekade daaroor gedoen. Navorsers uit die Noordelike halfrond het bevind dat depressiewe versteurings dikwels in die herfs of winter begin en in die lente eindig. In die lente gaan dit soms oor in 'n hipomaniese episode.