Hierdie artikel lewer verslag oor ’n diskoersanalise van twee-en-twintig gedigte deur ’n groep wit Suid-Afrikaanse tieners, met spesifieke verwysing na die voorstelling van mense met MIV/VIGS en die rol wat stigmatisering daarin speel. Die Christelike etiek dien as vertrekpunt, terwyl psigososiale modelle oor stigma en die argetipes van mense wat met MIV/VIGS saamleef (soos deur die nuusmedia uitgebeeld) as deskriptiewe raamwerk geld. Die belangrikste stigmaversterkende faktor het geblyk te wees die persepsie dat selfstigmatisering ’n onontwykbare reaksie op die siekte is. Hoewel aanvaarding van jou MIV-status deur die soeke na ’n dieper betekenis in die siekte as ’n stigmareduserende respons beskou kan word, mag dit skadelik wees indien dit daartoe lei dat persoonlike verantwoordelikheid vir geestelike en fisieke welsyn nie aanvaar word nie. Die artikel sluit af met ’n aantal voorstelle vir die ontwerp van destigmatiserende intervensieboodskappe wat op ’n etiese grondslag berus.
This article reports on a discourse analysis of twenty-two poems written by a group of white South African teenagers, with special reference to the construal of people living with HIV/AIDS and the role that stigmatisation plays. The vantage point is that of Christian ethics, while psycho-social models of stigma, and the archetypes of people living with HIV/AIDS (as portrayed by the media) serve as the descriptive framework. The most salient stigma-enhancing factor was found to be the perception that self-stigmatisation is an undeniable reaction to the disease. Although coming to terms with one’s HIV status by finding a deeper meaning in the disease can be regarded as a stigma-reducing response, it may be harmful if personal responsibility for one’s physical and mental well-being is not acknowledged and exercised. The article concludes with a number of recommendations regarding destigmatising intervention messages based on ethical principles.