This article discusses how Kentridge's
drawings for his film "Mime" ["Mine"], explore the borders between memory and amnesia, drawing and erasure. His drawings reflect a rich record and leave traces of the animation processes of drawing and erasure. Kentridge portrays in this film a day in the life of the mines with the Johannesburg mine magnate, developer and industrialist, Soho Eckstein, as the main character, his wife, Mrs. Eckstein and Felix Teitlebaum, her lover.
Hierdie artikel bespreek die wyse waarop Kentridge die tekeninge vir sy film, "Mime" ["Mine"], inspan om die grense tussen onthou en geheueverlies deur middel van die teken en uitvee-aksie te verklein. Hierdie proses van teken en uitvee laat duidelike spore binne 'n ryk kreatiewe animasierekord. Kentridge verbeeld in die film 'n dag in die lewe van die Johannesburgse mynmagnaat en aartskapitalis, Soho Eckstein, sy vrou, mev. Eckstein, en haar minnaar, Felix Teitlebaum, teen die mynagtergrond.