Reusable packaging often accumulates downstream in supply chains, resulting in non-revenue-earning relocations. This paper presents a reliable optimisation model under supply and demand uncertainty. Instead of using deterministic forecasted values, we propose a fixed recourse stochastic program that embeds the approximated uncertainties within the decision model. Results do indeed prove to be more reliable, and thus useful to industry. We also investigate the model's sensitivity to the difference in weighting of inventory versus stock-out penalties. The valuable role of Operations Research in industry – and of optimisation, specifically – is affirmed. Though uncertainties cannot be eradicated, planned relocations can be done more reliably.
Herbruikbare verpakking bou gereeld aan die onderpunt van voerkanaalnetwerke op met nie-verdienste-genererende herskuiwings tot gevolg. Hierdie artikel bied ’n betroubare optimeringsmodel aan wat vraag- en aanbodonsekerheid aanspreek. In plaas van deterministiese vooruitskattings, stel ons ’n vaste verhaling stogastiese program voor waar die benaderde onsekerheid in die model self vasgevang word. Resultate is inderdaad meer betroubaar en dus bruikbaar vir industrie. Ons beskou ook die sensitiwiteit van voorraad- teenoor vooraadlose strafgewigte. Die waardevolle rol van Operasionele Navorsing – en meer spesifiek, optimering – word bevestig. Alhoewel onsekerheid nie uitgewis kan word nie, kan meer betroubare herskuiwings beplan word.