Abstract:
As Suid-Afrikaners gereken het dat die onlangse sekskapades van ons eerste burger, pres. Jacob Zuma nie die land se reputasie skade berokken nie, het ons dit mis. Die seine wat oor ons inheemse kulture uitgestuur word, val op verwarde ore. Om kultuur aan te gryp en as verskoning te gebruik wanneer ons of ons leiers fouteer of oortree, maak 'n bespotting van die reputasie van Suid-Afrika se ryk kulturele samestelling.