In this essay an attempt is made to validate the historicist theories that architectural practices change over time and that architecture can be interpreted as manifestations of the beliefs existing in particular communities at a specific time. To support these theses comparisons are made between the philosophy of Hegel and the architectural theories of Pugin and Ruskin. The aspect of Hegel's philosophy that is studied is his conviction that arbitrary and contingent aspects of a particular historical existence influenced human beliefs. Pugin postulated that the beliefs and customs of the communities that architectural designers worked for influenced their designs. Ruskin also theorised that architecture was informed by local beliefs of a particular time. The results of the comparisons between the theories of Hegel, Pugin and Ruskin are used in the essay to formulate guidelines for present-day architectural practices and for interpretations of current architecture. It is suggested that designers and interpreters of architecture should value regional and cultural differences. It is observed that the beliefs and habits of life at a particular time and place inform architects and that architecture could be interpreted as the products of regional and temporal interests. Lastly the ideas are advanced that interpretations of architectural practices vary according to the purposes of various communities and that the aims of architectural practitioners are conditioned by the goals
of the communities that they work for.
In hierdie artikel word 'n poging aangewend om die historistiese teorie te ondersteun dat argitektuurpraktyke verander met tyd en dat argitektuur geinterpreteer kan word as manifestasies van dit waarin bepaalde gemeenskappe glo op 'n sekere tyd. Om hierdie stellings te ondersteun word die filosofie van Hegel vergelyk met die argitektuurteorie van Pugin en Ruskin. Die bepaalde aspek van Hegel se filosofie wat bestudeer word is sy oortuiging dat arbitrere en voorwaardelike aspekte van 'n spesifieke historiese bestaan menslike oortuiginge beinvloed. Pugin het gepostuleer dat die oortuiginge en gewoontes van die gemeenskappe waarvoor argitektuurpraktisyns werk 'n invloed uitoefen op hulle ontwerpe. Ruskin het ook geskryf dat plaaslike sienings wat bestaan gedurende 'n spesifieke tyd 'n invloed het op argitektuur. Die resultate van die vergelykings tussen die teorie van Hegel, Pugin en Ruskin word gebruik in die artikel om riglyne te formuleer vir hedendaagse argitektuurpraktyke en vir interpretasies van teenwoordige argitektuur. Die voorstel word gemaak dat ontwerpers en interpreteerders van geboue die verskille wat bestaan tussen streke en kulture moet waardeer. Die opmerking word gemaak dat die menings en die lewensgewoontes wat deel is van 'n spesifieke plek en tyd argitektuurpraktisyns inlig en dat argitektuur geinterpreteer kan word as die produkte van belangstellings wat hoort by 'n streek en 'n tyd. Die laaste idees wat voorgehou word in die artikel is dat interpretasies van argitektuurpraktyke verskil na aanleiding van die doelwitte van verskillende gemeenskappe en dat die mikpunte van argitektuurpraktisyns beinvloed word deur die oogmerke van die gemeenskappe vir wie hulle werk.