Abstract:
’n Maatskappy kan aandele uitreik ten einde fondse te bekom of as ’n vorm van betaling vir die verkryging van bates of dienste (na laasgenoemde word verwys as aandeel-gebaseerde betalings). Die vraag ontstaan of ’n aandeel-gebaseerde betaling vir doeleindes van die Inkomstebelastingwet as ’n onkoste wat werklik deur dei belastingpligtige aangegaan is, beskou kan word. In hierdie artikel word “onkoste” en “werklik aangegaan” soos omskryf deur die Suid-Afrikaanse howe, asook algemene regsbeginsels met betrekking tot die uitreiking van aandele, inlsuitende spesifieke maatskappyregbeginsels, ondersoek ten einde vas te stel of ’n maatskappy wat ’n aandeel-gebaseerde betaling maak vir die verkryging van dienste ’n onkoste werklik aangegaan het. Na ’n analise van bestaande inkomstebelastinghofbeslissings waar daar oor hierdie regspunt beslis is, word dit gestel dat ’n maatskappy wat ’n aandeel-gebaseerde betaling maak vir die verkryging van dienste wel aan die vereiste van “onkoste . . . werklik aangegaan” voldoen.