In this article the problems of teaching and
studying the history of European achitecture in a post-colonial South Africa are addressed. Approaches to the history of European architecture that encourage admiration and respect are criticised as being based on a slanted set of criteria that determine a biased view of the past. Oppressive attitudes are sustained by such approaches to the history of architecture, because they serve to legitimise existing social differences and entrenched class hierarchies. It is argued that because of the reality of South Africa's colonial past, the history of European architecture cannot be ignored. Another reason why European architectural history should be taught is that it forms part of the cultural backgrounds of many South African students, academics and institutions. Hence it is recommended that both European and African architectural histories should be taught. To develop a variety of interpretations of architectural histories, historians can experiment with various methods. They include the techniques of historical reconstruction, rational reconstruction, the history of ideas, and cultural history. In this article it is proposed that historians should play
these methods of writing architectural histories off against each other with the aim of ameliorating architectural practices in South Africa.
In hierdie artikel word die probleem van die bestudering en dosering van Europese argitektuurgeskiedenis ondersoek. Wat gekritiseer word, is benaderings tot die geskiedenis van Europese argitektuur waarvolgens 'n bewondering en respek daarvoor bevorder word wat gebaseer is op verwronge maatstawwe wat 'n eensydige beeld van die verlede tot gevolg het. Onderdrukkende houdings word gehandhaaf deur sulke benaderings tot die geskiedenis van argitektuur, omdat hulle dien om bestaande sosiale verskille en verskansde klashierargie te beskerm. Daar word geargumenteer dat die realiteit van Suid-Afrika se koloniale verlede erken moet word, en daarom kan die geskiedenis van Europese argitektuur nie geignoreer word nie. Nog 'n rede hoekom Europese argitektuurgeskiedenis gedoseer behoort te word, is dat dit deel vorm van baie Suid-Afrikaanse studente, dosente en instansies se kulturele agtergronde. Daarom word voorgestel dat onderrig gegee moet word in beide Europa en Afrika se argitektuurgeskiedenisse. Historici kan eksperimenteer met 'n verskeidenheid van metodes om interpretasies van argitektuurgeskiedenisse te ontwikkel. Dit sluit die volgende in: historiese rekonstruksie, rasionele rekonstruksie, die geskiedenis van idees en kulturele geskiedenis. In die artikel word voorgestel dat historici hierdie metodes om argitektuurgeskiedenis te skryf teen mekaar moet afspeel met die doel om Suid-Afrikaanse argitektuurpraktyke te verbeter.