Abstract:
Daar is in al drie die genoemde romans duidelike spore van “stories” of “versinsels” wat deur die karakters vertel word in ’n poging om óf leuens uit die verlede te verdoesel of te vergoeilik, óf, andersyds, om “die waarheid te lieg” sodat die aanskyn daarvan vir die verteller of fokalisator versag kan word. Die afleiding kan ook gemaak word dat, in ooreenstemming met die aanhaling van Estes in die inleiding, die betrokke
“stories” nie in een van die gevalle beskou kan word as stories in diens van vermaak
(“entertainment”) nie. Die doel daarvan is telkens dat die storie of versinsel moet bydra
tot verontskuldiging of vertroosting of ten minste moet dien as wegwyser in die soeke na waarheid en singewing.