This article responds to the current fascination around a possible connection between the Voortrekker Monument and Freemasonry. It aims to put forward a fact based argument and analysis to counter the subjective and sensationalized views dominating this debate. The article focuses on the relationship between the Völkerslachtdenkmal (1913) in Leipzig, Germany and the Voortrekker Monument (1949) in Pretoria, South Africa. The article establishes the origin of the influence of the Völkerslachtdenkmal on the design of the Voortrekker Monument and shows that the designer of the Voortrekker Monument knew the Leipzig monument. It is then shown that the Völkerslachtdenkmal has strong associations with Freemasonry. A more rigorous analysis of the geometric and spatial correspondences between the two monuments then forms the basis on which a position is put forward that the Masonic spatial qualities in the Voortrekker Monument is probably due to the fact that it borrowed design ideas from the Leipzig monument and inadvertently imported the esoteric qualities.
Hierdie artikel reageer op die huidige fassinasie rondom ‘n moontlike verband tussen die Voortrekkermonument en Vrymesselary. Dit poog om ‘n argument en analise voor te lê wat gebaseer is op feite om te staan teenoor die subjektiewe en sensasionele standpunte wat tans die debat domineer. Die artikel fokus op die verband tussen die Völkerslachtdenkmal (1913) in Leipzig, Duitsland en die Voortrekkermonument (1949) in Pretoria, Suid-Afrika. Die artikel ondersoek die oorsprong van die invloed van [die] Völkerslachtdenkmal op die ontwerp van die Voortrekkermonument en bewys dat die Leipzigmonument bekend was aan die ontwerper van die Voortrekkermonument. Daar word dan gewys dat die Völkerslachtdenkmal sterk bande het met Vrymesselary. ’n Analise van die geometriese en ruimtelike ooreenkomste tussen die twee monumente vorm dan die basis waarop ’n posisie voorgelê word dat die Masoniese ruimtelike kwaliteite in die Voortrekkermonument waarskynlik te wyte is aan die feit dat dit mildelik geleen het by die ander monument.