This study was aimed at developing a technology-based business strategy for Telkom’s international business. Deregulation, competition and demand for converging voice, data and video in the telecommunication market were the driving forces behind this study. Without a proper strategy, Telkom will not be able to withstand the new competition. As the initial step in strategy formulation, Telkom’s strategic goals were identified. A SWOT analysis was conducted and a strategy formulation map was developed. A technology balance sheet and S-curve models were developed to analyse the current products and technologies. It become evident through the research that there is a high potential for business expansion into Africa and Telkom has sufficient capabilities to support this. The implementation of voice over Internet protocol technology will enable Telkom to deliver international services at competitive rates. The study concluded by developing a technology strategy for Telkom’s international business. Recommendations are put forward and future research gaps are identified.
Die doel van hierdie studie was om ‘n tegnologie-gebaseerde besigheidstrategie vir Telkom se internasionale besigheid te ontwikkel. Deregulering, mededinging en die vraag na konvergensie van stem, data en video in die telekommunikasiemark was die dryfkragte agter hierdie studie. Sonder ‘n behoorlike strategie sal Telkom nie teen die nuwe mededinging kan staande bly nie. As eerste stap in die formulering van ‘n strategie, is Telkom se doelwitte geïdentifiseer. ‘n SWOT-analise is uitgevoer en ‘n strategieformuleringskaart is ontwikkel. ‘n Tegnologiebalansstaat en S-krommemodelle is ontwikkel om die bestaande produkte en tegnologieë te ontleed. Hierdie navorsing het aangetoon dat daar ‘n hoë potensiaal vir uitbreiding van Telkom se besigheid in Afrika bestaan en dat Telkom genoegsame vermoëns besit om dit te ondersteun. Die implementering van 'voice over Internet protocol'-(stem oor die Internet)tegnologie sal Telkom in staat stel om ‘n internasionale diens teen ‘n mededingende prys te lewer. Die studie is afgesluit met die ontwikkeling van ‘n tegnologiestrategie vir Telkom se internasionale besigheid. Aanbevelings word gedoen en velde vir verdere navorsing is geïdentifiseer.