Property management software packages have become essential tools in the management of properties and related facilities. In this paper, criteria for the comparative evaluation of property management software packages are developed and the various software packages available in South Africa are evaluated against these criteria. Recommendations are made as to the appropriateness of the various software packages to the needs of the user.
Sagtewarepakkette vir eiendomsbestuur is ‘n integrale hulpmiddel in die bestuur van eiendom en verwante fasiliteite. Hierdie artikel het die ontwikkeling van kriteria vir die vergelykende evaluering van eiendomsbestuursagteware ten doel en die onderskeie sagtewarepakkette wat in Suid-Afrika beskikbaar is, word met behulp van hierdie kriteria geëvalueer. Aanbevelings word gedoen ten opsigte van die toepaslikheid van die onderskeie sagtewarepakkette vir die gebruiker se behoeftes.