This article is based on the experience of an art historian-theorist working within the context of a tertiary school
of fine arts dedicated to the integration of studio practice and art history-theory. Such integration is the
cornerstone of postgraduate studies in this context. Master of Fine Arts candidates are, for example, expected to
closely align their work for public exhibition with the historical and theoretical analysis and contextualisation
contained in their scholarly dissertations. This expectation is in line with current thinking on research in the
visual arts, with recent initiatives from within the discipline of Art History-Theory, as well as with tendencies in
contemporary arts practices. The article is divided into five sections: 1) an introduction, contextualisation and
argument mentioning the author’s shift from an interdisciplinarity of content to one of methodology; and which
locates this change within reflection on the relationships between “Art History” and “Art Theory”, with
reference to two texts, respectively published in 1994 – the year in which the author immigrated from South
Africa to New Zealand – and in 2006 – the year in which the article below was written; 2) relevant information
about particular curriculae which insist on the integration between studio practice and art history-theory and an
outline of their alignment with recent thinking, initiatives and arts practices; 3) a brief discussion of the roles of
drawing in this alignment; 4) a presentation of a case study as an example of this alignment; and 5) in
conclusion, a brief note on “interarts practices” and their implications for Art History-Theory as one, albeit
fractious, discipline.
INTERKUNS PRAKTYKE: DIE ROL VAN DIE TEKENING; EN IMPLIKASIES VIR DIE KUNSGESKIEDENIS:
Hierdie artikel is gebaseer op die ervaring van 'n kunshistorikus-teoretikus binne die konteks van 'n tersiêre
kunsskool vir die skone kunste toegewy aan die integrasie tussen ateljeepraktyk en die kunsgeskiedenis-teorie.
So `n integrasie vorm die hoeksteen vir nagraadse studie in dié konteks. Daar word byvoorbeeld van
meestersgraadkandidate in die skone kunste verwag om hul werk vir publieke tentoonstelling in noue
verwantskap te bring met die historiese en teoretiese analise en kontekstualisering binne hul vakkundige
verhandelings. Hierdie verwagting is in lyn met eietydse denke met betrekking tot navorsing in die visuele
kunste, met onlangse inisiatiewe vanuit die dissipline van die Kunsgeskiedenis-teorie asook met tendense in
kontemporêre kunspraktyke. Die artikel bestaan uit vyf afdelings: 1) 'n inleiding, kontekstualisering en argument
waarin die outeur se oorskakeling vanaf 'n interdissiplinariteit van inhoud na een van metodologie genoem word
en waarin hierdie verandering gelokaliseer word binne oorweging van die verhoudinge tussen die
“Kunsgeskiedenis” en die “Kunsteorie”, met verwysing na twee tekste, respektiewelik gepubliseer in 1994 – die
jaar waarin die outeur geimmigreer het vanaf Suid-Afrika na Nieu-Seeland – en 2006 – die jaar waarin die
onderstaande artikel geskryf is; 2) verbandhoudelike inligting oor spesifieke kurrikula toegewy aan die integrasie
tussen ateljeepraktyke en die kunsgeskiedenis–teorie; en 'n skets van die verwantskap met onlangse denke,
inisiatiewe en kunspraktyke; 3) 'n kort bespreking van die funksies van die tekenkuns in hierdie verwantskap; 4)
die aanbieding van 'n gevallestudie as voorbeeld; 5) en as samevatting, 'n kort nota oor die begrip “interkunspraktyke”
en hul implikasies vir die Kunsgeskiedenis-teorie as een, alhoewel, twisterige dissipline.