The Charterhouse of Nonenque is one of the few remaining charterhouses for nuns in the world. It was built in the
12th century as a Cistercian Abbey and adapted in the early 20th century as a Carthusian charterhouse. In this article
the buildings of Nonenque are described according to the plans of the layout after a brief history of the abbey. The
structure of the buildings is discussed in the context of Carthusian architecture and also in the context of the
Carthusian way of life. Carthusian architecture is shown to be unique in monastic architecture since the Carthusian
way of life demands greater solitude than those of the other orders and buildings are constructed to make provision
for this. Since Nonenque was adapted from a Cistercian building the measures needed to adapt buildings of other
orders to Carthusian needs are discussed. These adaptations are more radical in the case of Charterhouses for monks
than in those for nuns. Works of art at Nonenque are discussed briefly.
This article on Nonenque follows on a visit of a few days which I was allowed to make to the nunnery in 2004.
DIE KARTUISIESE KLOOSTER VAN NONENQUE: 'n BESPREKING VAN 'n BESTAANDE MIDDELEEUSE NONNEKLOOSTER IN DIE VERBAND VAN KARTUISIESE ARGITEKTUUR:
Die Kartuisiese klooster van Nonenque is een van die min oorblywende Kartuisiese kloosters vir nonne in die wêreld.
Dit is in die twaalfde eeu gebou as ‘n Cisterciënsiese abdy en in die vroeë twintigste eeu aangepas as ‘n Kartuisiese
klooster. In hierdie artikel word die geboue van Nonenque volgens die planne van die uitleg na ‘n kort geskiedenis
van die abdy beskryf. Die struktuur van die geboue word bespreek in die konteks van die Kartuisiese argitektuur en
ook in die konteks van die Kartuisiese lewenswyse. Daar word aangetoon dat Kartuisiese argitektuur uniek is in
monastiese argitektuur aangesien die Kartuisiese lewenswyse groter afsondering vereis as dié van die ander
monastiese ordes en dat die geboue gestruktureer is om hiervoor voorsiening te maak. Aangesien Nonenque aangepas
is van ’n Cisterciënse gebou word die maatreëls wat nodig is om geboue van ander ordes vir Kartuisiese behoeftes
aan te pas, bespreek. Hierdie aanpassings is meer ingrypend in die geval van kloosters vir monnike as in dié vir
nonne. Kunswerke van Nonenque word kortliks bespreek.
Hierdie artikel oor Nonenque volg nadat ek in 2004 toegelaat is om ‘n besoek van ‘n paar dae daar af te lê.