The possibility of a "digital sublime" is investigated in this paper mainly as it may appear in a Cibachrome
print entitled Pureland by Japanese artist Mariko Mori (Weintraub 2003). The pleasant appearance
of the image is striking and seems to allude to the affirmative character of mass media images
describing beautiful natural scenery. Sentimental images also appear in Japanese manga and anime, and
in Western popular media such as Hollywood films. Furthermore Pureland seems reminiscent of landscape
traditions that relate to idyllic yearning or nostalgia. It appears as if something is omitted from
the image, however. This may indicate that what is not depicted (something un-pleasant?) may also be
relevant, and is investigated as allusion to the digital sublime lurking beneath the smooth appearance,
manifesting in brief moments of "presence" as Hans Ulrich Gumbrecht (2004) interprets it. I derive what
I understand as the "digital sublime" from Jean-Francois Lyotard's (1984: 36-43) sublime. The sublime
as aesthetic concept is investigated in the context of the mystic landscape tradition which is fundamentally
opposed to affirmative (idyllic) tendencies in both art and popular culture, which may be present
in Pureland. The co-existence of conflicting idyllic and mystic strands in the image is investigated
throughout as an uneasy relationship which may rupture to reveal the digital sublime. Pureland may be
a hybrid image, not only digitally composited from existing visual material, but also comprised of traces
of disparate Japanese and European visual traditions and conventions. This is dicussed in conclusion.
MARIKO MORI SE PURELAND: "PLATHEID" EN "IMMERSIE" EN DIE MOONTLIKHEID VAN 'n DIGITATE SUBLIEME.
Die moontlikheid van 'n "digitale sublieme" word in hierdie artikel ondersoek, soos dit moontlik
onderliggend voorkom in 'n fotografiese afdruk wat gebruik maak van die "Cibachrome"-proses. Die
afdruk is getiteld Pureland, en is een van die bekendste kunswerke van Japannese kunstenaar Mariko
Mori (Weintraub 2003). Die aangename voorkoms en karakter van die kunswerk is opvallend en dit
blyk aanduidend te wees van die karakter van afbeeldings in die massamedia wat beeldskone natuurtonele
uitbeeld. Sulke sentimentele beelde kom voor in Japanese manga en anime, en in Westerse
populere media soos Hollywood films. Die voorkoms van Pureland mag dalk ook veband hou met
tradisies van landskapskildering wat met idilliese en nostalgiese maniere van kyk gepaardgaan. Die
gladheid en aangename karakter van Pureland skep die indruk dat iets ontbreek uit die beeld. Dit mag
wees dat dit wat nie uitgebeeld word nie (iets onaangenaams?) ook van toepassing is. Hierdie aspek
van die kunswerk word ondersoek as 'n aanduiding van die digitale sublieme wat versteek is onder
die gladde voorkoms van die kunswerk. Dit mag verskyn in oomblikke van "presence" soos wat
Hans Ulrich Gumbrecth (2004) dit defmieer. Die "digitale sublieme" word hier geinterpreteer as 'n
uitvloeisel van Jean-Francois Lyotard (1984: 36-43) se konsep van die sublieme. Die sublieme as estetiese
verwikkelling word verstaan binne die konteks van die mistieke landskapskilderingstradisie, wat
fundamenteel teenoor die meer positiewe en idilliese karakter wat in beide kuns en populere kultuur
mag voorkom staan. Ek ondersoek die moontlikheid dat die bevestigende karakter van die massamedia
'n gelyke het in Pureland. Die saambestaan van beide idilliese en mistiese strominge in Pureland
is dus 'n teenstelling wat spanning veroorsaak binne die kunswerk. Hierdie spanning word in die
artikel ontrafel as moontlike aanduiding van die digitale sublieme. Pureland is moontlik 'n hibriede
kunswerk wat digitaal saamgestel is uit bestaande visuele materiaal maar ook 'n samevloeiing is van
teenstrydige visuele landskapstradisies. Hierdie aspek van die kunswerk word ten slotte bespreek.