In this article, the cultural heritage of the Ndebele grass dome house is investigated. Multiple sources, ranging from the written record, oral tradition and archaeological evidence are applied, in order to reconstruct the dome house which has become extinct in the Ndebele community. The reconstruction process is then described in detail. It is argued that this multidisciplinary approach complies with the
basic guidelines of national and international heritage legislation and practice.
DIE REKONSTRUKSIE VAN DIE NDEBELE-GRASKOEPELWONING: 'n GEINTEGREERDE ERFENIS INISIATIEF.
In hierdie artikel word die kultuurerfenis van die Ndebele graskoepelwoning ondersoek. 'n Veelvoud van bronne wat wissel van geskrewe rekords, mondelinge oorleweringe en argeologiese getuienis word
aangewend ten einde die koepelwoning wat in die Ndebele gemeenskap heeltmaal in onbruik geraak het, te kan rekonstrueer. Die rekonstruksieproses word dan in detail beskryf. Daar word aangevoer dat
hierdie multi-dissiplinere benadering voldoen aan die basiese riglyne van nasionale en internasionale erfenis wetgewing en praktyk.