Against the backdrop of Laclau and Mouffe’s perspectives on radical democracy, this article focuses on the way in which the phenomenon of ‘presentism’, or the retrospective historical projection of the axiology of the present onto the past, which occurs within mainstream cinema, impacts negatively on both the possibility of the formation of what Laclau and Mouffe call a Left-wing hegemony, and, thereby, on the emergence of radical democracy. That is, this article argues that, while the formation of such a Left-wing hegemony is only conceivable on the basis of effective forms of negotiation, the dominant
contemporary notion of the ‘confessing’ subject plagued by latency, along with the contemporary prejudice against any alternatives to such a notion of the subject, problematize both the efficacy of any attempt at negotiation and, thereby, the possibility of the formation of a Left-wing hegemony. As such, this article advances that the presentism that occurs within mainstream cinema, insofar as it facilitates
the endorsement, rather than the dissolution, of such a notion of the subject and such prejudice, should not be regarded as an innocuous cultural phenomenon, but rather as a significant political factor that inhibits the emergence of radical democracy. To illustrate this point, this article uses the example of the tensions that orbit around the themes of confession and subjectivity, as they are represented in Eco’s novel The Name of the Rose (1983) and the narrative of Annaud’s 1984 cinematic adaptation of Eco’s text, in an effort to draw into conspicuousness the manner in which the presentism that pervades the latter fulfils a political function, by virtue of its negation of the historical alternatives proffered through the former. Finally, this article concludes not only by suggesting that, because of its political function, such presentism should be resisted, but also by suggesting that such resistance should take the form of an increased critical thematization of the subtle discursive shifts that preceded the dominant discourses of the contemporary era.
Teen die agtergrond van Laclau en Mouffe se perspektiewe op die radikale demokrasie, fokus hierdie artikel op die wyse waarop die verskynsel ‘presentisme’, of die retrospektiewe historiese projeksie van die aksiologie van die hede op die verlede, wat binne hoofstroomfilm plaasvind, ’n negatiewe impak uitoefen op beide die moontlikheid van die vorming van wat Laclau en Mouffe ’n linksgesinde hegemonie noem, en daarby op die verskyning van ’n radikale demokrasie. Hierdie artikel argumenteer dus
dat, terwyl die vorming van so ’n linksgesinde hegemonie slegs voorstelbaar is op die basis van effektiewe vorme van onderhandeling, die dominante kontemporêre nosie van die ‘belydende’ subjek wat geteister word deur latentheid, asook deur die kontemporêre vooroordeel teen enige alternatiewe vir so ’n nosie van die subjek, sowel die effektiwiteit van enige poging tot onderhandeling en, gevolglik, die moontlikheid van ’n linksgesinde hegemonie, problematiseer. As sodanig voer hierdie artikel aan dat die presentisme wat by hoofstroom-film voorkom, in soverre dit die bevestiging, eerder as die ontbinding van sodanige nosie en sodanige vooroordeel vergemaklik, nie beskou moet word as ’n onskadelike kulturele verskynsel nie, maar eerder as ’n beduidende politieke faktor wat die verskyning van die radikale demokrasie inhibeer. Om hierdie punt te illustreer, gebruik die artikel die voorbeeld van die spanninge wat rondom die temas van belydenis en subjektiwiteit wentel, soos verteenwoordig in Eco se roman The Name of the Rose (1983) en die narratief van Annaud se filmiese aanpassing in 1984 van Eco se teks, in ’n poging om die aandag te trek op die wyse waarop die presentisme wat laasgenoemde deurtrek, ’n politieke funksie vervul uit hoofde van die negering van die historiese alternatiewe wat deur middel van eersgenoemde aangebied word. Ten slotte suggereer die artikel dat, as gevolg van sy politieke funksie, sodanige presentisme teengestaan moet word, maar ook dat dié weerstand die vorm moet aanneem van ’n toenemend kritiese tematisering van die subtiele diskursiewe verskuiwings wat die dominante diskoerse van die kontemporêre era voorafgegaan het.