Abstract:
Die bepaling en vasstelling van potensiële gevaarlikheid by gevaarlike misdadigers
en die rol wat die psigiater vervul by sodanige ondersoeke, is ’n onderwerp
wat al tot vele besprekings aanleiding gegee het. In hierdie artikel bespreek die
outeur die rol van psigiatrie by die bepaling van gevaarlikheid spesifiek met
verwysing na artikels 286A en 286B van die Strafproseswet 51 van 1977. Die
klem word gevestig op die kardinale rol wat psigiaters tydens hierdie ondersoeke
speel ten spyte van vele kritiek wat gehuldig word met betrekking tot die
vraag of psigiaters gevaarlikheid kan bepaal al dan nie. ’n Vergelykende studie
met die Kanadese regstelsel met betrekking tot hierdie onderwerp word ook
gelewer. Daar word ook aangedui dat die bepalings wat handel met gevaarlike
oortreders in beide Suid-Afrika en Kanada grondwetlik bevind is en gevolglik
dat die psigiater ’n onontbeerlike rol vervul tydens hierdie ondersoeke. Laastens
word oplossings voorgestel ten einde optimale benutting van die psigiatriese
wetenskap tydens vasstelling van gevaarlikheid te bewerkstellig.