At some stage or other, nearly all artistic productions of modernism have been criticized as being arid, vacuous and unappealing to the lay-public. Undoubtedly, scholars have successfully analyzed, defended and presented much modern art in ways that are accessible to all. Modern architecture too has been defended robustly by scholars such as Colin Rowe in such publications as the Mathematics of the Ideal Villa (1982) arguing that architectural output of modernism is no less significant than that of some examples from the Renaissance. But contemporary public space design has had no such luck and writing on today’s public realm has tended to argue that modern public spaces simply are anonymous foregrounds for the object-fixated contemporary architecture. As for art placed in public space, extreme views such as ‘turds in the plaza’ are the order of the day! This paper examines the nature of modern open spaces; in selected cases the value of contemporary art placed on them, and asks whether architecture and public art enhance or diminish each other. The aim will be to outline some defining characteristics of the modern public realm and how art works in it can be an integral part. After all, intellectuals such as Jürgen Habermas (1987) have argued that modernism has unfulfilled enlightenment value. Therefore it is imperative that we assess as rigorously as possible this value in contemporary public space, public art and their interrelations.
Byna alle modernistiese artistieke produkte is op die een of ander stadium uitgekryt as kaal, steriel en onaantreklik vir die man op straat. Dit is ongetwyfeld waar dat geleerdes dikwels moderne kuns analiseer, verdedig en aanbied op maniere wat vir almal toeganklik is. Moderne argitektuur is ook ywerig verdedig deur geleerdes soos Colin Rowe in publikasies soos The Mathematics of the Ideal Villa (1982) waarin hy argumenteer dat die argitektoniese uitsette van die modernisme op geen manier minder betekenisvol as sekere voorbeelde uit die Renaissance is nie. Ongelukkig is kontemporêre publieke ruimtes nie so gelukkig nie, en neig kommentaar op moderne openbare ruimtes om te betoog dat dit slegs ’n anonieme voorgrond vorm vir objek-gefikseerde kontemporêre argitektuur. En sover dit kunswerke aangaan wat in openbare ruimtes geplaas word, is ekstreme sienings soos ‘drolle in die plaza’ aan die orde van die dag! Hierdie referaat ondersoek die aard van moderne openbare ruimtes; en in geselekteerde gevalle die waarde van kontemporêre kuns wat binne sulke ruimtes voorkom. Die vraag word verder gevra of argitektuur en openbare kuns mekaar verhef, en of dit mekaar eerder aftakel.
Die doel van die referaat is om sommige van die uitstaande karaktereienskappe van die moderne
openbare sfeer te skets, en ook om aan te dui dat kunswerke ’n integrale deel van openbare ruimtes
kan wees. Intellektuele soos Jürgen Habermas (1987) het tog, na alles, betoog dat modernisme ’n
onvervulde verrykingswaarde het. Dit is daarom krities dat ons so deeglik moontlik hierdie waarde in openbare ruimtes, openbare kuns en die wisselwerking tussen die twee ondersoek.