Abstract:
Die oogmerk is om na die beslissing van die hof a quo asook na dié van
die Hoogste Hof van Appèl te kyk. Dit is interessant om reeds nou te
vermeld dat die herverdelingsdiskresie wat die hof ingevolge artikel 7(3)
van die Wet op Egskeiding (70 van 1979) (hierna “die Wet”) besit, in die
laaste paar jaar weer toenemend in hofuitsprake sy verskyning gemaak
het. In die bespreking sal daar sydelings hierna verwys word. (Vir meer
besonderhede hieroor sien oa Van Schalkwyk “Herverdeling van bates
ingevolge Artikel 7(3) van die Wet op Egskeiding 70 van 1979: Het ons ’n
nuwe uitgangspunt/benadering?” 2006 De Jure 632–644.)