Abstract:
Uber-Technologies het wêreldwyd die afgelope paar jaar prominent op die voorgrond getree en tradisionele huurmotorskemas in beroering gehad en "uit rat gegooi". Benewens sy eie vestingsprobleme in Suid-Afrika, het dit in Noord-Amerika (Amerika en Kanada) by verskeie geleenthede by litigasie ten opsigte van dieselfde regsvraag betrokke geraak. Die sleutelvraag was telkens of die bestuurders van hulle eie voertuie as sogenaamde huurmotors ten behoewe van Uber(U) se kliënte, as werknemers van Uber beskou moes word, of was en is hulle bloot onafhanklike kontrakteurs wat hulle eie voertuie (toerusting) gebruik het om 'n eie inkomste te verdien.