Abstract:
Hierdie bydrae handel met die ontslag van werknemers weens oneerlike gedrag in die lig
van toepaslike wetgewing en hofbeslissings. Die klem val op die voortgesette toepaslikheid
van die toets wat in Edcon v Pillemer neergelê is, naamlik dat die werkgewer uitdruklik
getuienis moet lei ten opsigte van die ondraaglikheid van die voortgesette diensverhouding.
Die presedente wat in vroeëre beslissings geskep is, word noukeurig ondersoek.
Belangrike beginsel is dat eerlikheid as die kern van die diensverhouding beskou is.
Oneerlike gedrag het tot die vernietiging van die vertrouensverhouding gelei wat die
diensverhouding ondraaglik gemaak het. Dus is versoenbaarheid as implisiet tot die diensverhouding
beskou. Die wenslikheid van die benaderingsverskuiwing wat deur Edcon
teweeggebring is, word krities geëvalueer in die lig van die beslissings in daaropvolgende
sake. Dié beslissings toon terugkeer na die beginsels waarop die howe voor Edcon
staatgemaak het. Dit word as positiewe verwikkeling beskou en argumente word geopper
wat die voortgesette belang van die oorspronklike beginsels ondersteun.