Is there a gap in the definition of corporate mergers in Zimbabwe's Competition Act? Revisiting the Caledonia Holdings (Africa) Limited/Blanket Mine (1983)(Private) Limited merger

Show simple item record

dc.contributor.author Nzero, Ignatious
dc.date.accessioned 2016-09-19T08:54:23Z
dc.date.available 2016-09-19T08:54:23Z
dc.date.issued 2015
dc.description.abstract Die regulering van korporatiewe samesmeltings is uiters belangrik vir die bevordering en instandhouding van ’n mededingende markstruktuur. Regulering van samesmeltings is sentraal tot die Zimbabwiese mededingingstelsel. Gevolglik waarborg ’n effektiewe samesmeltingsreguleringsraamwerk grootliks ’n effektiewe mededingingstruktuur. Die statutêre omskrywing van korporatiewe samesmeltings bepaal die toepassing van die regulerende statuut ten aansien van korporatiewe transaksies wat potensieel ! invloed kan hê op die mededingingstruktuur van die mark. Die Zimbabwiese Mededingingswet van 1996 is die hoofsamesmeltingsreguleringstatuut en verskaf die statutêre omskrywing vir korporatiewe samesmeltings. Hierdie omskrywing is egter vatbaar vir ’n verskeidenheid interpretasies, soos blyk uit die regsopinie in die Caledonia Holdings (Africa) Limited/Blanket Mines (1983) (Private) Limited-samesmelting. Die opinie maak aanspraak daarop dat die statutêre omskrywing sogenaamde konglomeraat-samesmeltings uitsluit uit die toepassingsgebied van die Mededingingswet. Hierdie artikel voer egter aan dat die huidige statutêre omskrywing wyd genoeg is om alle transaksies te dek, insluitende transaksies tussen partye met ’n ekonomies nie-verbandhoudende verhouding gebaseer op die uitleg en toepassing van die eiusdem generis-reël. Die artikel voer aan dat hierdie reël verkeerdelik uitgelê en toegepas is in die Caledonia-opinie. Nietemin, die blote feit dat die opinie aanvaar is deur die Mededingings- en Tariefkommissie, die hoof samesmeltings- reguleringsinstansie in Zimbabwe, is voldoende rede om te betoog vir ’n duideliker statutêre omskrywing van korporatiewe samesmeltings en verkrygings in die Zimbabwiese Mededingingswet. Die artikel stel dus ’n duidelike statutêre omskrywing van korporatiewe samesmeltings voor. en_ZA
dc.description.department Mercantile Law en_ZA
dc.description.librarian am2016 en_ZA
dc.description.uri http://www.lexisnexis.co.za en_ZA
dc.identifier.citation Nzero, I 2015, 'Is there a gap in the definition of corporate mergers in Zimbabwe's Competition Act? Revisiting the Caledonia Holdings (Africa) Limited/Blanket Mine (1983)(Private) Limited merger', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 78, pp. 589-604. en_ZA
dc.identifier.issn 1682-4490
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/56744
dc.language.iso en en_ZA
dc.publisher LexisNexis en_ZA
dc.rights LexisNexis en_ZA
dc.subject Statutere samesmeltings en_ZA
dc.subject Corporate mergers en_ZA
dc.subject Zimbabwiese Mededingingswet en_ZA
dc.subject Zimbabwe's Competition Act en_ZA
dc.title Is there a gap in the definition of corporate mergers in Zimbabwe's Competition Act? Revisiting the Caledonia Holdings (Africa) Limited/Blanket Mine (1983)(Private) Limited merger en_ZA
dc.title.alternative Is daar ’n leemte in die omskrywing van statutere samesmeltings in die Zimbabwiese Mededingingswet? en_ZA
dc.type Article en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record