Geselekteerde aspekte van kredietooreenkomste wat buite die toepassingsgebied van die Nasionale Kredietwet van 2005 val

Show simple item record

dc.contributor.advisor Van Heerden, C.M. (Corlia) en
dc.contributor.postgraduate Nortje, Richard D. en
dc.date.accessioned 2015-07-02T11:06:20Z
dc.date.available 2015-07-02T11:06:20Z
dc.date.created 2015/04/16 en
dc.date.issued 2014 en
dc.description Mini Dissertation (LLM)--University of Pretoria, 2014. en
dc.description.abstract Die leen en uitleen van geld bestaan al so lank as wat geld self bestaan. Krediet verwys na die funksie van finansiële markte om fondse in te win vir „n magdom entiteite by wyse van verskeie tegnieke, welke dit vir die kort- of langtermyn mag wees. Krediet is „n integrale deel van die moderne ekonomie. Die esse van krediet is dat kredietverskaffers fondse voorsien aan leners, wat die lener in staat stel om iets van waarde onmiddellik te bekom, maar om betaling uit te stel. Dis deel van „n finansiële sisteem wat die vloei van fondse tussen kontrakterende partye fasiliteer. Die kredietverskaffer hef rente op die geld wat voorgeskiet word en so maak dìe „n wins. Die Nasionale Kredietwet Wet 34 van 2005, wat ten volle in werking getree het op 1 Junie 2017, reguleer tans „n wye verskeidenheid kredietooreenkomste. Daar is, soos in hierdie skripsie aangedui sal word, gevalle waar kredietooreenkomste wat oënskynlik aan die Wet se omskrywing van bepaalde kredietooreenkomste voldoen, nietemin buite die toepassingsgebied van die Wet val. In hierdie skripsie sal ondersoek ingestel word na die toepassingsgebied van die Wet ten einde te bepaal watter transaksies buite die Wet se trefwydte val. Daar sal ook gekyk word na die regte en verpligtinge van kredietverskaffers en verbruikers ten aansien van ooreenkomste wat binne die Wet val ten einde tot „n gevolgtrekking te kom insake die omvang van die voldoeningsplig wat die Wet aan „n kredietverskaffer oplê en die omvang van die beskerming wat aan verbruikers verleen word. Daar sal kortliks aangedui word watter beskerming „n verbruiker verbeur ten opsigte van „n krediettransaksie wat buite die Wet val. Vanweë die beperkte omvang van hierdie skripsie sal daar vervolgens aan bepaalde geselekteerde aspekte aandag gegee word wat problematies blyk te wees ten opsigte van kredietooreenkomste wat buite die toepassingsgebied van die Wet val. In hierdie verband sal kortliks kommentaar gelewer word oor borgkontrakte en sal ondersoek ingestel word na die kwessie van rente en of daar enigsins „n beperking deur die gemenereg op die rentekoerse vir sodanige geval geplaas word. en
dc.description.availability Unrestricted en
dc.description.degree LLM en
dc.description.department Mercantile Law en
dc.description.librarian tm2015 en
dc.identifier.citation Nortje, RD 2014, Geselekteerde aspekte van kredietooreenkomste wat buite die toepassingsgebied van die Nasionale Kredietwet van 2005 val, LLM Mini-dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/45999> en
dc.identifier.other A2015 en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/45999
dc.language.iso Af Af
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 2015 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en
dc.subject UCTD en
dc.title Geselekteerde aspekte van kredietooreenkomste wat buite die toepassingsgebied van die Nasionale Kredietwet van 2005 val en
dc.type Mini Dissertation en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record