Abstract:
Die Wysigingswet op Mededinging 1 van 2009 is ’n kontensieuse onderwerp, spesifiek die voorgenome kriminalisering van karteloptrede. Nie net hou dit verreikende gevolge in vir mededingingsregspleging in geheel nie maar moontlik ook vir die werksaamhede van die Mededingingskommissie en die Mededingingshowe en natuurlik die individue van firmas wat aan kartelpraktyke deelneem.
Artikel 73A maak dit ‘n kriminele oortreding vir enige persoon wat, terwyl hy ‘n direkteur van ‘n firma of enige gesaghebbende bestuursposisie beklee veroorsaak dat die betrokke firma in enige kartel-en-prysvasstellings bedrywighede deelneem of toegestem het tot sulke deelname. Artikel 73A is in sy huidige formaat baie wyd verwoord en dit is ‘n ope vraag hoe die howe sekere dele sal interpreteer, ’n legio struikelblokke blyk die implementering van die Art 73A te verhoed, onder andere verskeie konstitusionele en institusionele aspekte.
Hierdie mini-verhandeling neem van hierdie vraagstukke in oënskou.