Abstract:
’n Nuwe Maatskappywet 71 van 2008 het op 1 Mei 2011 in Suid-Afrika in werking getree.
Suid-Afrika het daardeur ’n nuwe korporatiewe reddingstruktuur, naamlik ondernemingsredding,
gekry. Hierdie nuwe invoeging in die Wet in Hoofstuk 6 is deur baie belanghebbendes
met afwagting ingewag. Een van die redes was om te sien of die foute wat in
die vorige bedeling met geregtelike bestuur gemaak is, oorkom sou wees met die nuwe
struktuur.
Hierdie artikel ondersoek spesifiek die bewyslas vir ondernemingsredding soos in die
2008-wet gestel met verwysing na die hantering van die konsep “redelike vooruitsig” deur
die howe.
Dit word aan die hand gedoen dat die howe ’n te streng uitleg aan hierdie bewyslas heg en
dat dit daartoe bydra dat min aansoeke vir ondernemingsredding slaag.