Kernkapasiteite van die predikant as missionale leier in die vorming van ʼn missionale gemeentekultuur

Show simple item record

dc.contributor.advisor Niemandt, Cornelius Johannes Petrus (Nelus)
dc.contributor.coadvisor Pillay, Jerry
dc.contributor.postgraduate Cordier, Gert Stefanus
dc.date.accessioned 2014-06-17T13:09:54Z
dc.date.available 2014-06-17T13:09:54Z
dc.date.created 2014-04-25
dc.date.issued 2014 en_US
dc.description Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2014. en_US
dc.description.abstract Die doelwit met hierdie navorsing is die identifisering van die kernkapasiteite waaroor ʼn predikant as missionale leier binne ʼn hoofstroomgemeente moet beskik ten einde die gemeente suksesvol te kan begelei in die vorming van ʼn missionale gemeentekultuur en bedieningspraktyk. Die navorsing word gedoen binne die konteks van die groot paradigmatiese skuiwe in die missiologie sedert die middel van die vorige eeu, soos dit deur Leslie Newbigin geïnisieer, deur David Bosch aangevul en versterk, en deur die Gospel and Our Culture Network verder gevoer en uitgewerk word. Die missio Dei vorm die vertrekpunt vir ʼn missionale ekklesiologie. Sending is nie ʼn aktiwiteit van die kerk nie, maar die handeling van God Drie-enig. Die funksie van die kerk is deelname aan die missio Dei in die wêreld en ganse skepping. Missionale leierskap setel nie in ʼn individu of amp nie, maar ontvang sy gesag van God en is gegee aan die geloofsgemeenskap. Sodanige leierskap vervul ʼn funksie radikaal verskillend van die tradisionele of kontemporêre definisie van leierskap. Missionale leierskap is in wese geloofsonderskeidend en geloofsvormend van aard en vorm binne die geloofsgemeenskap die kennis, vaardighede, houdinge en gewoontes ten einde die geloofsgemeenskap individueel en korporatief te bemagtig vir die onderskeiding van en deelname aan die missio Dei binne die daaglikse konteks waarbinne God die gemeente roep, vorm en stuur. Vanuit die rol wat histories en ampshalwe aan die predikant in ʼn hoofstroomgemeente toegeken word, vervul die predikant ʼn sleutelfunksie ten einde die gemeente suksesvol te kan begelei in die proses van aanpassende verandering en missionale gemeentevorming. ʼn Kwalitatief empiriese ondersoek by gemeentes binne die Suider-Afrikaanse Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes (SAVGG) ondersoek die kernkapasiteite wat vir die predikant as missionale leier nodig is. Die ondersoek onderskei vier verskillende rolle vir die predikant as missionale leier: die predikant as apostel of gestuurde; die predikant as teoloog en taalskepper; die predikant as fasiliteerder en begeleier van die proses van aanpassende kultuurverandering; en die predikant as geestelike begeleier en mentor. Die navorsing onderskei voorts die verskillende kapasiteite (kennis, vaardighede houdinge, en gewoontes) wat kernbelangrik is vir die predikant vir die vervulling van hierdie viervoudige rol op weg na missionale gemeentevorming. en_US
dc.description.availability unrestricted en_US
dc.description.department Science of Religion and Missiology en_US
dc.description.librarian gm2014 en_US
dc.identifier.citation Cordier, GS 2014, Kernkapasiteite van die predikant as missionale leier in die vorming van ʼn missionale gemeentekultuur, PhD thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/40278> en_US
dc.identifier.other D14/4/9/gm en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/40278
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 2014 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en_US
dc.subject Missio Dei en_US
dc.subject Missionale kerk (misso ecclesiae) en_US
dc.subject Missionale Leier en_US
dc.subject Predikant (as missionale leier) en_US
dc.subject Kernkapasiteite en_US
dc.subject Geloofsonderskeiding en_US
dc.subject Geloofsvorming en dissipelskap en_US
dc.subject Geloofsvormende dissiplines, -praktyke en -gewoontes en_US
dc.subject Geestelike begeleiding en_US
dc.subject Aanpassende verandering en_US
dc.subject Missionale vorming en_US
dc.subject UCTD en_US
dc.title Kernkapasiteite van die predikant as missionale leier in die vorming van ʼn missionale gemeentekultuur en_US
dc.type Thesis en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record