Die Verhouding tussen die etiese en die redigieuse stadiums by Soren Kierkegaard

Show simple item record

dc.contributor.advisor Dreyer, P. S.
dc.contributor.postgraduate Du Toit, Andrew Pieter
dc.date.accessioned 2014-04-01T08:55:18Z
dc.date.available 2014-04-01T08:55:18Z
dc.date.created 1977-10-02
dc.date.issued 1977 en_US
dc.description Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1977. en_US
dc.description.abstract Die doel van hierdie studie is om te probeer vasstel wat bedoel word met die etiese en die religieuse stadiums in die werke van Soren Kierkegaard (1813-1855). Wat is die verband tussen hierdie twee stadiums? Hoe vind die oorgang van die een na die ander plaas? Op 'n krities-analitiese wyse word die verskillende synstrukture, kategoriee, begrippe en terme ondersoek soos dit in die denke van Kierkegaard voorkom. Die ondersoek en interpretasie van Kierkegaard se werk word deur verskillende faktore bemoeilik. Dit word in hierdie werkstuk kortliks genoem. Kierkegaard hou aan die leser sekere moontlike vorms van lewe voor. Hierdie vorms van lewe kan binne die etiese en religieuse dimensies val. Die belangrikste begrippe ten opsigte van hoe die enkeling die etiese en die religieuse ken, word voorts bespreek onder drie afdelings : die kategorie, die bestemming en die begrip. Kierkegaard stel dit dat die mens die vermoe het om sekere logiese tipes of reekse van tipes te kan onderskei. Die volgende tipes word bespreek : die verstaanskategorie en die eksistensiekategorie. Laasgenoemde sluit die kategorie van moontlikheid en die kategorie van herhaling in. By die bestemming gaan dit om die korrekte of verkeerde aanwending van die kategoriee. Hierdie beginsel word ondersoek in die etiese en die religieuse stadiums. Die probleem van tese-antitese-sintese word gestel in die lig van die Hegeliaanse beskouing van rnediasie. Die korrelasie wat Kierkegaard stel tussen denke en syn word aangetoon. Die probleem objek-subjek word bespreek en die onderskeid wat deur Kierkegaard gemaak word tussen kwantitatiewe en kwalitatiewe dialektiek. In die volgende hoofstuk word die eksistensiele beweging by die etiese en die religieuse stadiums aangedui. Vir Kierkegaard is die stel van die self en selfkeuse belangrik. Die selfbewussyn is die plek.waar denke en syn mekaar ontmoet. Die sleutelbegrippe moontlikheid, wording en essensie word geanaliseer. Die korrekte verstaan van ideele en reele syn is verbind met genoemde begrippe. Kierkegaard stel dit dat eksistensie 'n sintese van die oneindige en die eindige is en die eksisterende enkeling is sowel oneindig as eindig. Hierdie uitspraak word voorts ondersoek. Die rrsprong" is 'n sentrale begrip in sy filosofie. Hoe die sprong (in subjektiwiteit) verband hou met verskillende ander begrippe, word aangedui. Verskillende moontlike of gerealiseerde vorms van lewe word aan die leser voorgehou. Die "oomblik" is 'n begrip wat gebruik word in korrelasie met ander begrippe, bv. die tydsbegrip. Wanneer Kierkegaard die relasie van die enkeling stel met wat hy noem "die enkeling voor God'', probeer hy 'n antwoord gee op die sentrale probleem wat hy vir homself stel, nl. hoe om 'n Christen te word. Die verskil tussen Religieusiteit A en Religieusiteit B word oak aangedui. Die volgende hoofstuk handel oor die eksistensiele ervaring by die etiese en religieuse stadiums. Kierkegaard probeer 'n antwoord gee op die God-mens-verhouding. Hy gebruik die voorbeeld van Abraham in die Ou Testament om die beginsel van die teleologiese suspensie van die etiese te demonstreer. Hierdie grootse stuk filosofie van Kierkegaard word krities ondersoek. Kierkegaard se fundering van die etiese en die religieuse word bespreek naas die sieninge van bv. Kant en Hegel. Begrippe soos oneindige oorgawe, versoeking, "Anfechtung", absolute paradoks, skuld en onskuld kern aan die orde. Kategoriee soos wanhoop, angs, onkunde, onskuld, vryheid, ens. word gestel. Daar word aangetoon hoe van hierdie kategoriee by Karl Jaspers, J.P. Sartre en Martin Heidegger in gewysigde vorm voorkom. Die begrippe genie, fatum en passie word ontleed. Kierkegaard se siening van liggaam en gees hou verband met die self en sy moontlikhede; dit verskil by die etiese en religieuse stadiums. Die begrip erfsonde het nie die tradisionele inhoud nie en by die begrip sonde word twee tipes onderskei, die van die enkeling en die van die geslag. By die kategorie sonde word waarheid, onwaarheid, skuld en sondebewussyn gestel. Berou word die hoogste etiese uitdrukking van die enkeling. Die volgende stappe is versoening en "die enkeling.voor God". Die uiteenlopende siening random Kierkegaard se begrip van geloof word ondersoek. Hier le die "hart" van Kierkegaard se eksistensiefilosofie. Geloof is vir hom 'n persoonlike, unieke aangeleentheid van die eksisterende enkeling : dit is 'n wyse van lewe, 'n demonstrasie, streng persoonlik en subjektief. Die relasie tussen Religieusiteit A en Religieusiteit B word verder uitgewerk in die lig van die algemene kategorie van die humor. Die dialektiese verhouding tussen Religieusiteit A en Religieusiteit B word uiteengesit. Verskillende kritiese vrae random hierdie onderskeid word gestel. Met die kategorie lyding ('n uitsluitlik religieuse kategorie) wil Kierkegaard iets heel besonders se. Vir 'n duidelike uiteensetting van die verhouding tussen die etiese en die religieuse stadiums is die kategorie van die enkeling van groot belang. Ons leer die mens ken as enkeling, individu, unieke, enkele, ens. binne die etiese en die religieuse stadiums. Negatiewe kritiek random hierdie kategorie word bespreek en die vraag word gevra of Kierkegaard se enkeling nie totaal vereensaam en geisoleer raak nie? Wat is die enkeling se relasie tot die massa? By Gabriel Marcel, bv. word die "openheid" van die enkeling meer beklemtoon. Max Stirner en Karl Jaspers vind by Kierkegaard se begrip van die enkeling aansluiting. Naas Niezsche plaas Kierkegaard die mens weer sentraal in die filosofie. Kierkegaard was by ·uitstek die filosoof wat erns gemaak het met die Christendom. Hy ontmasker die Christendom van sy tyd met die doel om positiewe resultate te lewer. Hy worstel met die probleem van subjektiwiteit - die vertrekpunt en die eindpunt van sy filosofie. Daar is geen plek vir 'n rasionele etiek nie. 'n Etiese sisteem is nie moontlik nie. Die enkeling, elke handeling en elke situasie is uniek. Kierkegaard stel aan die een kant 'n duidelike onderskeid tussen die etiese en die religieuse stadiums, maar aan die ander kant bring hy die tw~e stadiums bymekaar deur sekere kategoriee te stel. Die relasie tussen die twee stadiums ontglip die leser, juis omdat dit 'n geloofsaksie is. Geloofsuitsprake is van 'n ander aard as etiese uitsprake. Die oorgang van rede tot geloof is met 'n sprang. Kierkegaard oorbeklemtoon nie een van die stadiums nie en verskraal ook nie die religie tot 'n mistiese gevoel of ondervinding nie. Moontlike vorrns van lewe word aan die leser voorgehou met 'n duidelike uitnodiging aan die leser om deel te neem. Kierkegaard plaas die mens as ·enkeling terug in die filosofie. Die hoogste wat die mens kan bereik is om "voor God" te wees. en_US
dc.description.availability unrestricted en_US
dc.description.department Anthropology and Archaeology en_US
dc.description.librarian gm2014 en_US
dc.identifier.citation Du Toit, AP 1977, Die Verhouding tussen die etiese en die redigieuse stadiums by Soren Kierkegaard, DPhil thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/37273> en_US
dc.identifier.other D14/4/16/gm en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/37273
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 1977 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en_US
dc.subject Etiese en die religieuse stadiums en_US
dc.subject Soren Kierkegaard (1813-1855) en_US
dc.subject Religieusiteit A en_US
dc.subject Religieusiteit B en_US
dc.subject UCTD en_US
dc.title Die Verhouding tussen die etiese en die redigieuse stadiums by Soren Kierkegaard en_US
dc.type Thesis en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record