Die Britse beleid teenoor en administrasie van die Swartes in Transvaal, 1877-1881

Show simple item record

dc.contributor.advisor Van Jaarsveld, Floris Albertus, 1922-
dc.contributor.postgraduate Stals, Willem Adriaan
dc.date.accessioned 2013-11-12T11:26:31Z
dc.date.available 2013-11-12T11:26:31Z
dc.date.created 1985-07-02
dc.date.issued 1985
dc.description Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1985. en_US
dc.description.abstract Die tydperk in die Transvaalse geskiedenis wat met hierdie werkstuk bestryk word, het al heelwat aandag van sowel tydgenootlike skrywers as latere historici ontvang. Uit die aard van die saak het die aandag in die eerste instansie op die meer dramatiese geval - die Boere se stryd teen Britse oorheersing en hulle pogings om hulle onafhanklikheid terug te kry, wat ten einde laaste op die Eerste Vryheidsoorlog van 1880-1881 uitgeloop het. 'n Verdere faset waaraan reeds aandag bestee is, is die wyse waarop die Engelse Transvaal in hierdie jare regeer het. Waarskynlik omdat dit as 'n aparte tema beskou is, het die skrywer van hierdie werk egter geen aandag aan die Britte se administrasie van die Swartes bestee nie. Die aspek van die Britse tydperk in Transvaal het tot dusver weinig aandag ontvang. Weliswaar is sekere aspekte daarvan reeds aangesny, maar met enkele uitsonderings was dit nog nie die onderwerp van wetenskaplike ondersoek waarin die tema in al sy fasette nagevors is nie. In sy The History of Native Policy in South Africa from 1830 to the Present Day (1927), gee E.H. Brookes as 'n onderdeel van 'n breer onderwerp kortliks aandag aan die Britte se administrasie van die Transvaalse Swartes. In sy werk Grensbakens tussen Blank en Swart in Suid-Afrika (1947) raak ook P. van BiIjon 'n aspek van hierdie tema aan, hoewel sy behandeling daarvan in meer as in een opsig bevraagteken moet word. Hierna het ook die skrywer hiervan 'n beskrywing gegee van die Tussenregering se beleid met betrekking tot die verkryging van eiendomsreg op grand deur die Swartes. Origens het die tema braak gele. en_US
dc.description.availability unrestricted en_US
dc.description.department Historical and Heritage Studies en_US
dc.description.librarian gm2013 en_US
dc.identifier.citation Stals, W.A. 1985, Die Britse beleid teenoor en administrasie van die Swartes in Transvaal, 1877-1881 DPhil theis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/32385> en_US
dc.identifier.other D13/9/999/gm en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/32385
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 1985 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria en_US
dc.subject Die Britse beleid en_US
dc.subject Administrasie van die swartes en_US
dc.subject Transvaal en_US
dc.subject UCTD en_US
dc.title Die Britse beleid teenoor en administrasie van die Swartes in Transvaal, 1877-1881 en_US
dc.type Thesis en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record