Die problematiek van klavierbladlees, spesifiek die konseptualisering van die tweedimensionaliteit van musieknotasie (Afrikaans)

Show simple item record

dc.contributor.advisor Grove, S. en
dc.contributor.advisor Van Staden, J.C. en
dc.contributor.postgraduate Fourie, Ella en
dc.date.accessioned 2013-09-07T14:54:18Z
dc.date.available 2012-10-30 en
dc.date.available 2013-09-07T14:54:18Z
dc.date.created 1991-04-08 en
dc.date.issued 2012-10-30 en
dc.date.submitted 2012-10-29 en
dc.description Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2012. en
dc.description.abstract Abstract only in Afrikaans. Talle oorsake van die swak bladleesstandaard kan teruggevoer word tot probleme met die waarneming van die kompleksiteite van die tweedimensionele notebeeld. 'n Oorsig van die belangrikste navorsing wat oor hierdie twee dimensies - toonhoogte en toonduur - gedoen is, word ten aanvang gegee. Die denkhandelinge van die kognitiewe-, psigomotoriese- en affektiewe leerdomeine word breedvoerig ondersoek, die verband hiervan met die bladleesproses aangetoon en ernstige probleme en leemtes betreffende bladleesopleiding blootgelê. Wat kognitiewe denkhandelinge betref word onder andere gewys op die feit dat die eienskappe van ken en kennisverwerwing op die vroegste stadium van musikale ontwikkeling grootliks verontagsaam word. Eweneens kom probleme in die ontwikkeling van psigomotoriese denkhandelinge voor omdat die gebeuresekwense vir optimale motoriese ontwikkeling aan die meeste onderwysers en leerlinge onbekend is. Dit blyk ook dat affektiewe gedrag by bladlees meesal 'n negatiewe konnotasie het. Daar is by leerlinge onsekerheid en vrees vir bladlees met 'n gevolglike faal-angs wat die bladleespoging kan laat misluk. Vervolgens word aandag geskenk aan die funksies van die onderskeie geheuestore van die brein, die proses van blokvorrning en die verskynsel van hemisferisiteit. Die invloed van interferensie op die leesproses en op oog-hand-span tydens bladlees asook die konteks-sensitiwiteit van die korttermyngeheue en die implikasies daarvan, word uitgewys. Die waarde van blokvorming, waardeur musieksimbole as eenhede waargeneem word en daar nie op enkelnote gekonsentreer word nie, word beklemtoon. Die moontlikheid dat individue as leergestrem beskou kan word as gevolg van hemisferiese spesialisasie of laterale dominansie en die moon tlike effek daarvan in die bladleessituasie, word in 'n ernstige lig beskou. Indringende navorsing oor sowel die positiewe as negatiewe aspekte van hemisferiese spesialisasie, word bepleit. 'n Deeglike ontleding word gedoen van die foute wat in 32 bladleestoetse gemaak is. Foutering met die mees algemene komponente van toonhoogte en toonduur in isolasie sowel as in musicale konteks, word gerneet. Die ooreensternrning van fouteringswyses in verskillende moeilikheids-grade en toetse en die omvang en herhalende aard van foute, dui op grondliggende probleme in die mondering van bladlesers. Die verband van hierdie foute en probleme met die denkhandelinge van die leerdomeine en met breinfunksies asook moontlike oorsake vir die foute en probleme, word bespreek en toegelig. Ten slotte word die dringende behoefte aan vernuwing in bladleesopleiding op sowel andragogiese as pedagogiese vlak uitgespreek en verskeie vernuwingsmomente en metodes ter vernuwing, uitgespel. en
dc.description.availability unrestricted en
dc.description.department Music en
dc.identifier.citation Fourie, E 1990, Die problematiek van klavierbladlees, spesifiek die konseptualisering van die tweedimensionaliteit van musieknotasie, PhD thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd < http://hdl.handle.net/2263/29118 > en
dc.identifier.other D12/9/190/ag en
dc.identifier.upetdurl http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-10292012-150759/ en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/29118
dc.language.iso en
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 1990 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en
dc.subject Affektiewe leerdomeine en
dc.subject Psigomotoriese leerdomeine en
dc.subject Kognitiewe leerdomeine en
dc.subject Musiek-notasie en
dc.subject Bladlees en
dc.subject UCTD en_US
dc.title Die problematiek van klavierbladlees, spesifiek die konseptualisering van die tweedimensionaliteit van musieknotasie (Afrikaans) en
dc.type Thesis en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record