Die relevansie van historiese Jesus-navorsing vir kerk en teologie : 'n hermeneutiese vraagstelling (Afrikaans)

Show simple item record

dc.contributor.advisor Van Aarde, A.G. (Andries G.) en
dc.contributor.postgraduate Van Wyk, Daniel Johannes Cornelius en
dc.date.accessioned 2013-09-06T16:02:07Z
dc.date.available 2007-01-18 en
dc.date.available 2013-09-06T16:02:07Z
dc.date.created 2000-09-01 en
dc.date.issued 2007-01-18 en
dc.date.submitted 2007-01-18 en
dc.description Thesis (DD (New Testament))--University of Pretoria, 2007. en
dc.description.abstract Afrikaans: Die studie toon aan dat die vraag na die historiese Jesus deel is van hedendaagse teologiebeoefening. Nie alleen vanuit die wetenskaplik-teologiese wereld word die vraag aan die kerk en die teologie opgedring nie. Die vraag is ook populêr van aard. Daar is 'n algemene en polsende vraag na "Jesus". Hierdie vraag na en besinning oor Jesus word vanuit die kring van die tradisionele kerkvolk met agterdog bejeen. Dit blyk dat die resultate van huidige historiese Jesus-navorsing in kontras staan met dit wat die kerk tradisioneel oor Jesus glo en bely. Die kerkvolk vra van die kerk leiding daar¬oor. Uiteindelik plaas die huidige historiese Jesus-vraagstelling alle gevestigde teolo¬giese en geloofswaarhede van voor af op die tafel en vra van die kerk herbesinning. Daar word baie oorsigtelik aandag gegee aan die agtergrond en ontwikkeling van die vraag na die historiese Jesus die afgelope honderd en vyftig jaar soos wat dit gelei het tot die huidige lewendige debat en die vraag na die relevansie van die navorsing vir kerk en teologie. In die tweede plek bied die studie kortliks 'n verteenwoordigende oorsig oor huidi¬ge historiese Jesus-navorsing. Wat die navorsing in die VSA betref, word gekyk na die profiele wat R W Funk en J D Crossan van Jesus teken. Wat Suid-Afrika betref, word fasette van die uitgebreide Jesus-profiel en navorsing van A G van Aarde beskryf. Uit die Verenigde Koninkryk word die profiel van N T Wright (Engeland) en vanuit Euro¬pese bodem die profiel van W Schmithals (Duitsland) onder die loep geneem. Ten opsigte van elkeen van hierdie navorsers word egter nie net op elkeen se onderskei¬dende Jesus-profiel gefokus nie, maar ook op die betrokke navorser se siening van die teologiegeskiedenis van die vroegste Christendom asook die betrokke persoon se sie¬ning van die relevansie van sy navorsing vir kerk en teologie. Dit hang saam met die navorser se siening van die kerklike belydenis en kanonbeskouing. In die derde plek betoog die studie dat die huidige historiese Jesus-navorsing die teologie (en die kerk) in 'n dilemma plaas. Hierdie dilemma spruit voort uit die histo¬riese bewussyn van die moderne mens. Moderne gelowiges is geneig om die geloof afhanklik te maak van dit wat histories, empiries-bewysbaar gebeur het. Indien 'n saak nie histories bewys kan word nie, word dit nie as waarheid aanvaar nie. Indien weten¬skaplike, historiese argumentvoering dan bevind dat daardie historiese gebeure nie werklik plaasgevind het nie, bring dit die geloof van moderne mense in gedrang. Die gevolg is dat op een van twee maniere gereageer word. Enersyds word teruggeval op 'n fundamentalistiese Skrifhantering. Dit kom daarop neer dat die wetenskaplike, his¬toriese ondersoek en die resultate daarvan verwerp word as onwaar en die Bybelse be¬skrywing van die gebeure onkrities as waar (in die historiese sin) aanvaar word. Andersyds word in 'n ander uiterste verval wanneer moderne mense, wat tot die oortui¬ging kom dat die gebeure wat in die Bybel beskryf word, nie historiese gronde het nie, die Bybel as onwaar afmaak. Albei hierdie benaderings kom neer op vorms van her¬meneutiese dwalings wat bekendstaan as historiese positivisme. In hierdie verband betoog die studie dat daar ten opsigte van die waarheid duidelik onderskeid gemaak moet word tussen geskiedenis en teologie. Die teologie het nie die histories (of weten¬skaplik) onmoontlike of onbewysbare as probleem me. Die teologie (spesifiek die Bybels- Reformatoriese teologie in die dialektiese tradisie) gaan uit van die aanname dat God en God se betrokkenheid in hierdie wêreld die geskiedenis en die menslike verstaans- en verwysingsraamwerk ver te bowe gaan. Die implikasie daarvan is dat 'n gebeure deur die teologie as die waarheid aangemerk kan word en in die geloof geglo en bely kan word ten spyte daarvan dat die gebeure moontlik nie histories empiries bewys kan word nie, of dat dit dalk selfs nie histories plaasgevind het nie. Teen die agtergrond word daarop gewys dat die resultate van huidige historiese lesus-navorsing die historisiteit van sekere sentrale belydenissake van die kerk betwyfel. Vir mense wat 'n histories-positivistiese waarheidsbeskouing handhaaf, beteken dit óf afskeid van die geloof 6f 'n fundamentalistiese reaksie teen die historiese Jesus-navorsing. Die studie betoog dat die gesprek (vera! kerklik en teologies) kan vor¬der indien die hermeneutiese aanpassing na 'n postmodeme waarheidsbeskouing gemaak word. Dit sou beteken dat daar sinvolle teologiese refleksie ter wille van kerk en teologie kan wees oor sentrale sake in die Christelike geloof soos die maagdelike verwekking, die opstanding en die Godheid van Jesus. Die implikasie daarvan is dat daar 'n pleidooi gelewer word vir 'n dringende eietydse interpretasie van die geloofsbe¬lydenisse 6f selfs dat die kerk daaraan oorweging behoort te skenk om 'n eietydse bely¬denisskrif daar te stel wat die huidige teologiese en historiese vraagstelling herme¬neuties verdiskonteer. Hierdie pleidooi word begrond deur te wys op die manier hoe die historiese Jesus-navorsing die historisiteit (en waarheid) van sentrale sake in die Christelike belydenis, soos die maagdelike verwekking, die opstanding van Jesus en die Godheid van Jesus problematiseer. Daar word baie kortliks gewys op eksegetiese en hermeneutiese moontlikhede hoe die kerk en teologie nie noodwendig afstand hoef te doen van hierdie sentrale belydenisse wanneer die historiese bewysbaarheid daarvan wegval nie. Teen die agtergrond van 'n postmodeme waarheidsbegrip kan die sake steeds deur gelowiges as die waarheid geglo en bely word. Die studie wys daarop dat tendense in die huidige historiese Jesus-navorsing dui op 'n loslaat van die dialektiek ten opsigte van byvoorbeeld Skrif- en kanonbeskouing. Dit het relatiwisme tot gevolg wat neerkom op afskeid neem van die Bybels-Reformatoriese teologie. Die studie sluit af deur daarop te wys dat die huidige historiese Jesus-:vraagstelling 'n uitdaging aan kerk en teologie bied om die geloof in Jesus Christus in die een en twintigste eeu opnuut te verwoord. Hierdie nuwe verwoording kan 6f 'n bevestiging wees van wat die kerk tot op hede oor Jesus geglo en bely het, 6f dit kan 'n verruiming van die belydenis wees, óf dit kan afskeid neem van die belydenis en 'n nuwe belydenis en grondslag vir 'n nuwe Christendom daarstel. English: The study argues that the quest for the historical Jesus has become an integral part of modem theology. The quest challenges the church and theology not only from a scien¬tific theological point of view, but also because of its general popularity. There is a general and pulsing probing regarding "Jesus". However, the quest for the historical Jesus is viewed with suspicion within the circle of traditional church members. Church folk asks for guidance concerning this matter. Ultimately, the current historical Jesus quest challenges all established theological and authentic veracities and the church is expected to reconsider its position. In the first part of this study, attention is given as to the background and development of the quest during the last one hundred and fifty years that culminated in the current lively debate and the question regarding its rele¬vance for church and theology. Secondly, the study provides a brief representative review regarding current histo¬rical Jesus-research. As far as research in the USA is concerned, consideration is given to the profiles drawn by R W Funk and J D Crossan. In South Africa aspects of the vast and extensive Jesus profile and research done by A G van Aarde are described. From the United Kingdom the Jesus profile of NT Wright (England) and from Europe the research by W Schmithals (Germany) are investigated. Regarding each of these researchers, the focus is not only on each of their distinctive Jesus profiles, but also on both the individual researcher's view on the continuity and discontinuity between Jesus and early Christianity and the relevance of his research for church and theology. The researcher's opinion regarding the Creed of the church and canonical views are also taken in account. Thirdly, the study considers the reasons why present historical Jesus research places theology (and the church) in a dilemma. This dilemma evolves from the histori¬cal consciousness of modem people. Modem believers are inclined to subject their belief to that which can be proved historically. According to this concept of truth, if something cannot be proven historically, it cannot be accepted as the truth. Should scientific, historical argumentation find that those particular historical occurrences did not really take place, or that it cannot be proven historically, it places the beliefs of modem individuals in jeopardy. The result is that people react in one of two possible ways. On the one hand reversion to a fundamentalist treatment of Scriptures takes place. This means that the results of the scientific, historical investigations are rejected and considered false and views on events in the Bible are accepted uncritically in a his¬torical sense. On the other hand, an opposite extremity is reached when modem indivi¬duals conclude that these events cannot be proved on historical grounds and therefore declare that the Bible is untrue. Both approaches lead to the hermeneutic fallacy known as historical positivism. The study argues that as far as the question for truth is con¬cerned, an explicit distinction must be drawn between history and theology. The theo¬logy does not consider the historical (or scientific) impossibilities or unprovable to be a problem. Theology, specifically Biblical-Reformed theology in the dialectic tradition, accepts that God and the concern for God transcends history and human understanding. An event seen as being the truth can be object of belief and confession regardless of the fact it cannot be proved historically or that it might not occur historically. Against this background it is pointed out that the results of the current historical Jesus research questions the historicity of certain central creeds of the church. For people upholding a historical-positivistic view on truth it means either departure from their faith or a fundamentalistic reaction against historical Jesus research. The study argues for another point of departure. If an adaptation to a post-modern concept of truth can be made hermeneutically, the discussion may bear fruit. This would mean that there could be meaningful theological reflection on central issues for Christian faith, such as the virginal conception of Jesus, his resurrection and the confession that Jesus is God. Subsequently, the church needs a contemporary interpretation of its Creeds or should consider a creation of a contemporary Creed which will reflect the current theological and historical points in question. It is argued that there is no neces¬sity for the church to deny the above-mentioned "central" confessions when the possibi¬lity to prove them historically falls away. Against the background of a postmodem view of truth, these matters could still be believed and seen as objects of confession. However, it is also argued that some tendencies of the current historical Jesus research imply an absolvement of dialectical theology with regard to the views on Scripture and canon. Such a relativism can yield to the parting from the Biblical¬ Reformed theology. The study concludes with the opinion that the current quest for the historical Jesus challenges church and theology to confess anew in the twenty first century faith in Jesus Christ. Such a new declaration can either be an affirmation of what the church up until now believed and confessed with regard to Jesus, or it can broaden the creed, or it can depart from the creed and bring about a new creed as basis for a new Christia¬nity. en
dc.description.availability unrestricted en
dc.description.department New Testament Studies en
dc.identifier.citation Van Wyk, DJC 2000, Die relevansie van historiese Jesus-navorsing vir kerk en teologie: ‘n Hermeneutiese vraagstelling, DD thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd < http://hdl.handle.net/2263/23863 > en
dc.identifier.other H319/ag en
dc.identifier.upetdurl http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-01182007-162320/ en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/23863
dc.language.iso en
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 2000, University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en
dc.subject Jesus christ study and teaching en
dc.subject Jesus christ historicity en
dc.subject UCTD en_US
dc.title Die relevansie van historiese Jesus-navorsing vir kerk en teologie : 'n hermeneutiese vraagstelling (Afrikaans) en
dc.type Thesis en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record