Waiting as a determinant of store image and customer satisfaction : a literature review

Show simple item record

dc.contributor.author Kakava, Nicholas Z.
dc.contributor.author Erasmus, Alet C. (Aletta Catharina)
dc.date.accessioned 2013-03-22T12:56:01Z
dc.date.available 2013-03-22T12:56:01Z
dc.date.issued 2012
dc.description.abstract Verskeie studies is beskikbaar wat die multi-dimensionele konseptualisering van diensgehalte, winkelbeeld en verbruikers se tevredenheid met dienslewering in die kleinhandel aanspreek. Hoewel wagtyd ingesluit word in die hiërargiese konseptualisering van verbruikers se persepsie van dienskwalitiet en pertinent oorweeg word in terme van die invloed daarvan op die onderskeie konstrukte, is daar tot dusver in navorsing min aandag daaraan geskenk. Die meeste studies wat wel verbruikers se persepsie van wagtyd aangespreek het, is in die laboratorium gedoen. Ten spyte van die invloed van wagtyd op verbruikers se persepsie van diensverskaffers het navorsers tot onlangs nog daarna verwys as 'n konstruk wat onderskat word in terme van die invloed wat dit op verbruikers se gedrag het. Verskeie navorsers het ook tot die slotsom gekom dat die invloed van wagtyd in terme van verbruikers se winkelondersteuning en winkellojaliteit nie onderskat moet word nie. Verskeie teoretiese perspektiewe kan gebruik word om die gevolge van wagtyd vir verbruikers en vir die kleinhandel te verstaan. Uiteraard kan persoonlike faktore en persoonlikheid nie tot dieselfde mate as omstandigheidsfaktore in ag geneem word wanneer handelaars poog om hulle dienslewering te verbeter nie. Navorsingsbevindinge kan nietemin bydra om verbruikers se frustrasie, optrede en klagtes beter te verstaan. In hierdie literatuuroorsig word bestaande literatuur geïntegreer om die belangrikheid van die wagkonstruk uit 'n verbruikers- sowel as 'n handelaarsoogpunt te bevestig. 'n Konseptuele raamwerk word saamgestel en voorstelle word gemaak om toekomstige navorsing op hierdie gebied te rig en aan te moedig, veral in die konteks van ontwikkelende lande. en_US
dc.description.librarian am2013 en_US
dc.description.uri http://www.up.ac.za/saafecs/ en_US
dc.identifier.citation Kakava, NZ & Erasmus, AC 2012, 'Waiting as a determinant of store image and customer satisfaction :a literature review', Journal of Family Ecology and Consumer Sciences, vol. 40, pp. 99-113. en_US
dc.identifier.issn 0378-5254 (print) 1682-6299 (online)
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/21206
dc.language.iso en en_US
dc.publisher South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en_US
dc.rights South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en_US
dc.subject Customer satisfaction en_US
dc.subject Waiting en_US
dc.subject Store image en_US
dc.title Waiting as a determinant of store image and customer satisfaction : a literature review en_US
dc.type Article en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record