In hierdie bydrae word vier hedendaagse uitdagings aan international
menseregte onder die loep geneem. Hierdie uitdagings is: (1) Die
internasionale menseregte-sisteem is oormatig ingewikkeld en
gefragmenteerd, dog steeds onvolledig in die substantiewe beskerming wat
dit bied. (2) Internasionale menseregte het nie voldoen aan die beloftes wat
dit voorgehou het nie. (3) Die staats-gesentreerde aard van menseregte gee
aanleiding daartoe dat state die paradoksale posisie inneem as beide
menseregte-beskermer en menseregte-skender. (4) Internasionale menseregte
het nie voldoende aandag geskenk aan die behoeftes van die mees
behoeftige lede van samelewings nie. Hierdie artikel maak die argument uit
dat elkeen van hierdie uitdagings beter verstaan en benader kan word indien
´n multidissiplinêre, eerder as ´n streng judisiële of regsgebaseerde
benadering gevolg word. Die inhoud van menseregte-opleiding moet dus
krities heroorweeg word, en toelatingsvereistes vir meseregte-programme
behoort aangepas te word om so ´n multidissiplinêre benadering te
vergestalt.
This address explores the broader idea of human rights, and reflects
on contemporary challenges to international human rights law and their relevance for human rights education. Under the term “international
human rights law”, I understand the human rights treaties and other
documents and related institutions and processes at both the global level
(under the auspices of the United Nations) and at the regional level (under
the African Union).