Daar bestaan waarskynlik nie vandag in Suid-Afrika ’n delikteregspesialis wat
die bewering sou waag dat al die reëls en beginsels ten aansien van die middellike
aanspreeklikheid van ’n werkgewer vir die onregmatige dade van ’n werknemer
glashelder is nie. Nieteenstaande sommige algemene stellings dat die algemene
beginsels wat hierdie vorm van aanspreeklikheid in die deliktereg beheers, goed
gevestig is (sien bv McQuoid-Mason “Vicarious and strict liability” XXX LAWSA
re 180), geld hierdie ongenuanseerde standpunt waarskynlik slegs wat betref die
eerste twee vereistes wat volgens ons reg vir middellike aanspreeklikheid gestel
word, te wete dat daar eerstens ’n verhouding van werkgewer-werknemer ten
tyde van delikpleging moet bestaan en tweedens, dat ’n delik deur die werknemer
gepleeg moet wees (Loubser ea Deliktereg in Suid-Afrika (2010) 384 ev; Van der
Walt en Midgley Principles of Delict (2005) 36 ev). Daar heers tans veral twyfel
oor die wyse waarop die sogenaamde “standaardtoets” toegepas moet
word ten einde te bepaal of daar aan die derde vereiste vir ’n werkgewer se middellike
aanspreeklikheid voldoen word, te wete dat ’n werknemer tydens die pleeg van ’n
delik in die loop van sy of haar diensverband gehandel het, in die besonder waar die
betrokke werknemer ’n opsetsdelik gepleeg het.
The approach makes it clear that there are two questions to be asked. The first is whether the
wrongful acts were done solely for the purpose of the employee. This question requires a subjective
consideration of the employee’s state of mind and is a purely factual question. Even if it is answered
in the affirmative, however, the employer may nevertheless be liable vicariously if the second question,
an objective one, is answered affirmatively. The question is whether, even though the acts done
have been done solely for the purpose of the employee, there is nevertheless a sufficiently close link
between the employee’s acts for his own interests and the purposes and business of the employer.
This question does not raise purely factual questions, but mixed questions of fact and law. The
questions of law it raises relate to what is ‘sufficiently close’ to give rise to vicarious liability. It is
in answering this question that a court should consider the need to give effect to the spirit, purport
and objects of the Bill of Rights.