Die eerste operasionele optrede van die Unieverdedigingsmag - Januarie 1914 (Afrikaans)

Show simple item record

dc.contributor.advisor Harris, Karen Leigh en
dc.contributor.postgraduate Geyer, Rene en
dc.date.accessioned 2013-09-07T11:57:07Z
dc.date.available 2010-08-31 en
dc.date.available 2013-09-07T11:57:07Z
dc.date.created 2010-04-14 en
dc.date.issued 2010-08-31 en
dc.date.submitted 2010-08-31 en
dc.description Dissertation (MHCS)--University of Pretoria, 2010. en
dc.description.abstract In Januarie 1914 het ‘n algehele industriële staking in die Unie van Suid-Afrika (SA) uitgebreek en die Unieverdedigingsmag (UVM) sou vir die eerste keer operasioneel aangewend word om die staking te onderdruk. Die Staande mag van die UVM was nog nie gereed om die staking op hul eie te onderdruk nie en gevolglik is die kommando’s van die Burgermagreserwes opgekommandeer vir diens. Probleme is dus destyds met die samestelling en organisasie van die UVM, as gevolg van die intergrasie van die verskillende militêre kulture, ondervind. Die Unieregering het op baie van die gewone burgers wat in die Anglo-Boereoorlog (ABO) in kommando’s geveg het, se ondersteuning en deelname om die staking te onderdruk, staatgemaak. Die tradisionele kommandostelsel van die voormalige Boererepublieke sou dus vlugtig tydens die 1914-staking herleef. Die Afrikaner het as gevolg van verskeie redes op kommando gegaan om die staking te help onderdruk. Die groeiende gees van nasionalisme onder die Afrikaner kon ook tydens die staking waargeneem word en sou tesame met die suksesvolle aanwending van die kommando’s tydens Januarie 1914 bydra tot die Rebellie later die jaar. Die politieke, ekonomiese en sosio-maatskaplike omstandighede van destyds het tot die nywerheidstaking van Januarie 1914 bygedra. Die rol wat die vakbonde en mynbedryf in die tydperk voor die Eerste Wêreldoorlog gespeel het, het ook bygedra tot die staking. Die ervaringe en omstandighede van die kommandolede tydens ontplooiing in Januarie 1914 is ‘n belangrike aspek van die sosiale militêre geskiedskrywing in SA. Onderwerpe soos, mobilisasie, voorrade, vervoer, dissipline, asook demobilisasie en kompensasie werp dus lig op die ervaringe en omstandighede van gewone burgers op kommandodiens tydens die staking. Die aanwending van die kommando’s tydens die 1914-staking het uiteenlopende reaksies van die verskillende groepe in die gemeenskap tot gevolg gehad. Die betrokkenheid van ander rolspelers, soos swart mense en vrouens, tydens die staking was gering, dog belangrik vir die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Copyright en
dc.description.availability unrestricted en
dc.description.department Historical and Heritage Studies en
dc.identifier.citation Geyer, R 2009, Die eerste operasionele optrede van die Unieverdedigingsmag - Januarie 1914 (Afrikaans), MHCS dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd < http://hdl.handle.net/2263/27654 > en
dc.identifier.other E10/364/gm en
dc.identifier.upetdurl http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-08312010-174358/ en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/27654
dc.language.iso en
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 2009, University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en
dc.subject Operasionele optrede en
dc.subject Eerste wêreldoorlog en
dc.subject 1914 rebellie en
dc.subject Militêre geskiedenis en
dc.subject Unie van suid afrika en
dc.subject 1914-staking en
dc.subject Vakbonde en
dc.subject Univerdedigingsmag en
dc.subject Kommando en
dc.subject Afrikaner en
dc.subject Burger en
dc.subject Anglo-boereoorlog en
dc.subject UCTD en_US
dc.title Die eerste operasionele optrede van die Unieverdedigingsmag - Januarie 1914 (Afrikaans) en
dc.type Dissertation en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record