“Ek het 'n roeping” : vrouepredikante se toelating in die Nederduitse Gereformeerde Kerk : 'n kerkhistoriese en prakties-teologiese studie (Afrikaans)

Show simple item record

dc.contributor.advisor Strauss, P.J. (Pieter J.) en
dc.contributor.advisor Muller, Julian C. en
dc.contributor.postgraduate Buchner, Elsje Petronella en
dc.date.accessioned 2013-09-07T11:49:06Z
dc.date.available 2008-08-27 en
dc.date.available 2013-09-07T11:49:06Z
dc.date.created 2008-04-18 en
dc.date.issued 2008-08-27 en
dc.date.submitted 2008-08-27 en
dc.description Thesis (DD)--University of Pretoria, 2008. en
dc.description.abstract In hierdie navorsing word die toelating van vrouepredikante in die Nederduitse Gereformeerde Kerk vanuit ’n kerkhistoriese en prakties-teologiese hoek bestudeer. Die navorsingswaardes wat in die sosiaal-konstruksionisme geld, naamlik dat sodanige navorsing ’n deelnemende en verhalende proses is, dat die invloed van diskoerse bestudeer word en dat die belangrikheid van taal in ag geneem word, is in die navorsing verreken. Vanuit ’n post-fundamentele teologiese posisionering is van ’n paar van die bewegings in ’n postfundamentele prakties-teologiese metodologie gebruik gemaak om na die belewing van agt vroueproponente en -predikante deur die loop van die proses van toelating, én daarna, te luister en saam met hulle te interpreteer. Daar is van die volgende bewegings gebruik gemaak: Die beskrywing van die verskillende kontekste waarteen die roepingsverhale en loopbane van vrouepredikante afgespeel het; die aanhoor en beskrywing van die kontekstuele ervarings van die betrokke vroue; die interpretasie van en betekenisgewing aan die verhale in samewerking met die vroue wat as medenavorsers geag word en die beskrywing van en refleksie oor die ervaring van God se teenwoordigheid in hulle roepingsverhale en bedieninge as proponente en predikante. Hierdie postfundamentele prakties-teologiese metodologie is inherent narratief van aard en sluit ook nou aan by die denklyne wat in die sosiaal-konstruksionisme geld. Deur hierdie metodologie is daar probeer om ’n bydrae te lewer tot die ontwikkeling en uitbou van mondelinge geskiedenis. Die beskrywing van vroue se verhale is terselfdertyd ook vrouegeskiedenis wat poog om vroue meer hoor- en sigbaar in algemene geskiedenis, maar spesifiek ook kerkgeskiedenis te maak. Die metodologie pas ook binne ’n meer postmoderne benadering tot geskiedenis in. Aan die hand hiervan is die breër landkaart en historiese konteks waarteen die roepingsverhale van vrouepredikante en kerklike vergaderings oor ’n tydperk van bykans 107 jaar afgespeel is, in breë trekke en deur middel van tydlyne beskryf. Die ontwikkeling en uitbouing van die volksmoederdiskoers oor die dieselfde tydperk is van nader beskou. Daar is verder gekyk na die invloed wat die breër konteks en die volksmoederdiskoers op vroue gedurende die twintigste eeu gehad het, hoe vroue oor die algemeen hulleself in bepaalde vroueruimtes soos vroue-organisasies uitgeleef het en of Afrikanervroue se stemme in die openbaar gehoor is al dan nie. Teen hierdie agtergrond is die verloop van die kerklike debat oor die toelating van vroue tot die besondere ampte, naamlik diakens, ouderlinge en vrouepredikante, beskryf. Hierdie debat kan in drie tydperke opgedeel word. Die eerste tydperk wat van 1966-1978 strek kan as ’n tyd van nadenke beskryf word. Vanaf 1982 tot 1990 is die debat deur ’n sterk verskil in Skrifbeskouing gekenmerk. Die laaste tydperk wat vanaf 1991 tot 2007 strek, beskryf hoe die praktyk stadig pos gevat het en hoe die gesprek uiteindelik na gendersake uitgebrei het. Die vroueproponente en -predikante se roepingsverhale, hulle belewenis van God in die pad wat hulle moes loop en eerste treë in die bediening is weer deurgaans teen die agtergrond van die breër landkaart, volksmoederdiskoers en die NG Kerk se verskillende sinodes aangehoor, beskryf en in samewerking met hulle geïnterpreteer. Bykomend tot die groep persoonlike verhale is twee verhale van vroue wat reeds voor 1950 teologie studeer het en nie meer vandag leef nie, opgeteken. In al die gesprekke het die belangrikheid van vrouepredikante se roepingsverhale, hulle positiewe en negatiewe belewenisse in die kerk, die impak van oorwegend manlike kerktaal op vroue, die gemis en impak van rolmodelle, die frustrasies rondom proponentskap en hulle belewing van God onder andere na vore gekom. Dit is ook opmerklik dat vrouepredikante oor die algemeen nie aktief aan die debat deelgeneem nie en dat die meeste van die medenavorsers in hierdie studie ’n bepaalde stuk ongemak met gendersake en feminisme beleef. Hulle laat net soos in die volksmoederdiskoers die praatwerk aan ander oor. en
dc.description.availability unrestricted en
dc.description.department Church History and Church Policy en
dc.identifier.citation a 2007 en
dc.identifier.other D411/gm en
dc.identifier.upetdurl http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-08272008-153331/ en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/27588
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © University of Pretoria 2007 D411/ en
dc.subject Postfoundationalist practical theology en
dc.subject Vrouepredikante en
dc.subject Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) en
dc.subject Sosiaal-konstruksionistiese navorsingswaardes en
dc.subject Gendersake en
dc.subject Skrifbeskouing konteks en
dc.subject Oral history en
dc.subject Postmoderne geskiedbeskouing en
dc.subject Female history en
dc.subject Folk mother discourse en
dc.subject Scriptures en
dc.subject Stories of calling en
dc.subject Dutch Reformed Church (DRC) en
dc.subject Gender en
dc.subject Postfundamentele en
dc.subject Female en
dc.subject Mondelinge geskiedenis en
dc.subject Volksmoederdiskoers en
dc.subject Postmodern view of history en
dc.subject Context en
dc.subject Social constructionist research values en
dc.subject Submissive en
dc.subject Roepingsverhale en
dc.subject Ministers en
dc.subject Prakties-teologiese metodologie en
dc.subject Vrouegeskiedenis en
dc.subject UCTD en_US
dc.title “Ek het 'n roeping” : vrouepredikante se toelating in die Nederduitse Gereformeerde Kerk : 'n kerkhistoriese en prakties-teologiese studie (Afrikaans) en
dc.type Thesis en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record