Toepasbare aspekte uit breinnavorsingsliteratuur op klavieronderrig vir beginners met spesifieke verwysing na die heelbreinmodel van Ned Herrmann (Afrikaans)

Show simple item record

dc.contributor.advisor Van Niekerk, Caroline en
dc.contributor.postgraduate Van Niekerk, Theresa en
dc.date.accessioned 2013-09-07T10:44:56Z
dc.date.available 2008-08-13 en
dc.date.available 2013-09-07T10:44:56Z
dc.date.created 2008-04-09 en
dc.date.issued 2008-08-13 en
dc.date.submitted 2008-08-11 en
dc.description Thesis (DMus)--University of Pretoria, 2008. en
dc.description.abstract 'n Omvattende literatuurstudie oor die funksionering en ontwikkeling van die brein is onderneem ten einde toepasbare aspekte te identifiseer vir die verbetering van aanvangsonderrig vir pianiste. Die oorsig behels die volgende:

Die benutting van die jong brein se vermoë tot plastiese verandering as gevolg van stimulasie

Die belangrikheid van vroeë aanvangsouderdom vir klavieronderrig

Die bestaan van 'n geleentheidsvensterperiode vir die ontwikkeling van optimale Prestasie

Die ontwikkeling van absolute toonhoogtesin as gevolg van vroeë aanvangsklavieronderrig

Die ontwikkeling van verbeterde tegniese vaardighede as gevolg van vroeë Aanvangsklavieronderrig

Die belangrikheid van genoegsame herhaling vir die vaslegging van tegniese vaardigheid en informasie in die langtermyngeheuestore van die brein

Interaksie tussen die invloed van omgewingsfaktore en die bydrae van genetiese potensiaal van die individu vir optimale musikale prestasie

Die rol en invloed van emosie, chemiese oordragstowwe en hormone op musicale prestasie

Groepsmusiekonderrig vir jong kinders

Die onderlinge verhouding tussen onderwyser en leerder.

Die leerstylmodel van Ned Herrmann vir heelbreinontwikkeling is gebruik om die karaktereienskappe en leerbehoeftes van individue met betrekking tot hul kognitiewe leervoorkeure te bepaal. Vier verskillende benaderings tot aanvangsklavieronderrig is geïdentifiseer. Die geskiktheid van die onderskeie aanvangsbenaderings word teenoor mekaar opgeweeg ten einde te bepaal of 'n spesifieke benadering beter sou pas by leerders met spesifieke leervoorkeure. Wenke word voorsien aan klavieronderwysers oor hoe om onderrig aan leerders met uiteenlopende kognitiewe leerstyle aan te bied. Twee-en-twintig beginnersboeke is evalueer ten opsigte van hul geskiktheid vir gebruik vir leerders met verskillende kognitiewe leervoorkeure. Aanbevelings word gemaak vir die samestelling van 'n ideale beginnersboek wat met sukses vir alle klavierleerders gebruik sal kan word. Die toegevoegde waarde van prelees, duetpartye, nabootsspel, improvisasie en illustrasies vir beginnersboeke is ondersoek. Aspekte soos geordende aanbieding van konsepte en die noodsaak vir uitgebreide herhaling vir die vaslegging van die informasie en tegniese vaardighede in die langtermyngeheuestore van die brein word beklemtoon. en
dc.description.availability unrestricted en
dc.description.department Music en
dc.identifier.citation a 2007 D474 en
dc.identifier.other /gm en
dc.identifier.upetdurl http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-08112008-183148/ en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/27142
dc.language.iso en
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © University of Pretoria 2007 D474 / en
dc.subject Early commencement en
dc.subject Breinontwikkeling en
dc.subject Klavieronderrig en
dc.subject Heelbreinonderrig en
dc.subject Brain development en
dc.subject Beginnersmateriaal en
dc.subject Leerstyle en
dc.subject Kognitiewe leervoorkeure en
dc.subject Groepsmusiekonderrig en
dc.subject Beginner piano tuition en
dc.subject Whole brain education en
dc.subject Brain hemispheres en
dc.subject Absolute pitch en
dc.subject Aanvangsonderrig en
dc.subject Absolute toonhoogtesin en
dc.subject Breinhemisfere en
dc.subject Piano primers en
dc.subject Learning styles en
dc.subject Cognitive preferences en
dc.subject Group music education en
dc.subject UCTD en_US
dc.title Toepasbare aspekte uit breinnavorsingsliteratuur op klavieronderrig vir beginners met spesifieke verwysing na die heelbreinmodel van Ned Herrmann (Afrikaans) en
dc.type Thesis en

Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record